Liefdeslied

Adam Tas, Pieter Smith, Ruhan Du Toit, Pieter Koen, Ampie, Jak de Priester, Liezel Pieters

Ons leef tydelik Ons leef nou Hierdie is ‘n deurgang Waaraan ons almal vas wil klou Die wêreld is my woning Die aarde is groot Ons almal wil net êrens Êrens aan iets behoort Party mense het pyn Ander mense het niks Ek luister na die see Maar ‘n ander man hoor niks Ek sien die son wat sak Maar ‘n ander man is blind Waar op hierdie aarde gaan ons ooit ons vrede vind? Maar as ons gee Plant jy bome in ‘n droë woestyn En as jy deel Verander God weer water in die duurste wyn En as jy luister Word ‘n oorlog dalk ‘n liefdeslied Want as jy deel Word jy God se hand my vriend Ons leef voluit Ons sien die wêreld Ons leef in Afrika se son Maar ons voel sy honger My kinders is gelukkig Ander kindertjies het pyn Waar is ons liefde vir mekaar Drink ons van God se wyn? Maar as ons gee Plant jy bome in ‘n droë woestyn En as jy deel Verander God weer water in die duurste wyn En as jy luister Word ‘n oorlog dalk ‘n liefdeslied Want as jy deel Word jy God se hand my vriend Ons leef tydelik Ons leef nou Hierdie is ‘n deurgang Waaraan ons almal vas wil klou Ons moet die wêreld help Ons harte oop kan maak En as ons eendag almal groet Het net ons liefde saak gemaak Maar as ons gee Plant jy bome in ‘n droë woestyn (Droë woestyn) En as jy deel Verander God weer water in die duurste wyn (Duurste wyn) En as jy luister Word ‘n oorlog dalk ‘n liefdeslied Want as jy deel Word jy God se hand my vriend Want as jy deel Word jy God se hand my vriend

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store