Ek Is Ryk

Adam Tas, Stella

Sien die stofpad van my siel ek is moeg ek is droog ek is klaar Die dag was lank die son bly hoog net ‘n reënwolk en als laat bedaar Dan sien ek jou staan En alles word stil Die windpomp draai sy lemme flou maar die water het lank reeds gestop Die wind bly teister hou aan draai sy gefluister sit vas in my kop Dan sien ek jou staan En alles word stil Deur die skroei van die son deur die wind Jou liefde maak my soos ‘n kind Ek is ryk want jy het my lief O ek is ryk Deur die kaalheid van droogte deur vuur Dan weet ek nog steeds jy is hier Ek is ryk want jy het my lief O ek is ryk Ek vind my rus hier in jou koelte jou stoep my bestemming van vrede Jy vat my hand kyk in my oë en ek weet als sal uitwerk Ons Vader sal sorg deur die skroei van die son deur die wind Jou liefde maak my soos ‘n kind Ek is ryk want jy het my lief O ek is ryk Deur die kaalheid van droogte deur vuur Dan weet ek nog steeds jy is hier Ek is ryk want jy het my lief O ek is ryk Ooh jou liefde gee my krag Jou lig verdryf die nag wat weer kommer wil bring Ek vind my rus hier in jou koelte jou stoep my bestemming van vrede Jy vat my hand kyk in my oë en ek weet als sal uitwerk Ons Vader sal sorg

Written by: CHRISTELLE COMBRINKLyrics © Universal Music Publishing GroupLyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store