Song Vir Ma

Adam Tas

Ek balsem jou met heuning en kaneel Daar’s laventel in jou hare en die silwer van jou jare Wat daar doer op die hoop randjies speel Die nyalas wei nog daar teen jou kamer Hulle ken ook daai plek waar jy nou rus Kyk maar mooi jy sal hul spoortjies daar kry Ons maak jou kruiwa vol daisies as die lente weer kom Dan huil ons hulle nat met ons trane totdat hulle weer blom (Ma kom bêre vir jou) Hier by Totius o by Opperman en Eugene Marais Tussen die digters se woorde en my laaste akkoorde Want jy’s nou in die hemel en hierdie song is net vir jou Ek lê jou neer tussen Opperman en Eugene Marais Ek ruik nog die skaapboud daar in jou kombuis Jou kondensmelk mosterd was my gunstelling Jy’t my geleer van die Here en saam het ons Neil Diamond gesing Ons maak jou kruiwa vol daisies as die lente weer kom Dan huil ons hulle nat met ons trane totdat hulle weer blom (Ma kom lê jou neer hier by die digters) Hier by Totius o by Opperman en Eugene Marais Tussen die digters se woorde en my laaste akkoorde Want jy’s nou in die hemel en hierdie song is net vir jou Ek lê jou neer tussen Opperman en Eugene Marais

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store