Plaaskatedraal

Adam Tas

As die Kalahari se brulsand roep Stort ek onder my spilpunt in die maan se bloed En die jakkals huil daar teen die rand my broer As die wind die gars in die aandlig roer As die sonbesies lê en die kameelhout brand Die sterre skeur die hemel soos ‘n vêrkyk land Gaan soek maar mooi jy sal my daar kry Daar tussen die nares waar die gemsbok bly Ek’s boer van wind en swaas Van gras en water my plaaskatedraal En ek bid my knieë ‘n vreemder nerf Vir vrede en voorspoed op hierdie werf Ek’s boer van wind en swaas Van gras en water my plaaskatedraal Deur my hare vloei daar ‘n soet fontein Hy borrel soos ‘n Bybel vers met ‘n Dominee vol wyn Kalahari katedraal staan so hemelhoog Vir almal om te sien met die blote oog Ek skryf ‘n skietgebed daar op ‘n sandduin neer Met Psalm 23 om sy wang gesmeer Staan oopmond en vang die druppels van bo Hoe anders sal ‘n man wat in genade glo Ek’s boer van wind en swaas Van gras en water my plaaskatedraal En ek bid my knieë ‘n vreemder nerf Vir vrede en voorspoed op hierdie werf Ek’s boer van wind en swaas Van gras en water my plaaskatedraal Ek’s boer van wind en swaas Van gras en water my plaaskatedraal

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store