Lappieskombers

Adam Tas

Jy verlam my met jou kyke jou woorde en jou reuke Wat ruik soos lente bloeisels wat weer na die Boland kom En ek plant jou in die Namib ek ly jou nat met soetwyn Dan kyk ek dat jy opkom in die glim van die more son En ek bind jou vas in spierwit en wolke wat hier laag sit Om jou vir altyd veilig in 'n donskombers te hou Want jy's die sout wat keer dat ek sleg raak Ja jy's die sif wat keer dat ek wegraak Ja jy's die hande wat bind Jy's die gom waarin ek vas sit Jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag Ja jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag Jy's my eerste potjie koffie my laaste sigaret Jy’s die droom waaraan ek vasklou as ek niks meer hier oor het Jy's my storm in Augustus my kwaaddoen se vergifnis Die engel wat my oppas as niemand by my wil staan Jy's die laatmiddag son wat nes skrop in my skoot Jy's die laaste mens wat ek wil sien op die dag van my dood Want jy's die sout wat keer dat ek sleg raak Ja jy's die sif wat keer dat ek wegraak Ja jy's die hande wat bind Jy's die gom waarin ek vas sit Jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag Ja jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag Want jy's die sout wat keer dat ek sleg raak Ja jy's die sif wat keer dat ek wegraak Ja jy's die hande wat bind Jy's die gom waarin ek vas sit Jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag Ja jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store