Want Jy Is Boer

Adam Tas

Mag dit reën waar jou beeste wei Mag dit goed gaan met jou En mag jou skape begin jakkals jag Mag jou koring silos bou En mag jou lister-pomp met water werk Mag jou cruiser lig op brandstof wees Mag jou heinings altyd regop staan Mag jou vee vanself genees Want jy is boer hierdie is my wens vir jou Jy sal staan as alles om jou vou Jy sal plant al is die reën te laat En glo in die hand van bo Wat alles weer nat sal maak Want jy is boer Jy is boer Want jy is boer Jy is boer Jy sal opstaan in die more voor die son op kom En werk tot hy weer loop sak Daarna is jy 'n familie man Onder 'n platteland sterredak Mag jou vrugtebome kromrug dra Mag fonteine om jou lande lê En mag ons wat honger en dors is Net so bietjie vir jou dankie sê Want jy is boer hierdie is my wens vir jou Jy sal staan as alles om jou vou Jy sal plant al is die reën te laat En glo in die hand van bo Wat alles weer nat sal maak Want jy is boer (Jy is boer) Jy is boer (Jy is boer) Want jy is boer (Jy is boer) Jy is boer Mag jy vakansie hou as jy klaar is Met jou huisie by die see Waar jy so bietjie rus kan kry As jy moeg is van al die gee Want jy is boer hierdie is my wens vir jou Jy sal staan as alles om jou vou Jy sal plant al is die reën te laat En glo in die hand van bo Wat alles weer nat sal maak Want jy is boer (Jy is boer) Jy is boer (Jy is boer) Want jy is boer (Jy is boer) Jy is boer Want jy is boer

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store