Swerwer

Adam Tas

Hulle sê jy was ‘n vlakte kind die winters haal die somers in ‘n Tolbos tango teen die wind met ‘n stofstreep aan hom vasgebind Volg die droë rivier se loop oor die karkas van die Karoo Die wiele wat jou padlangs draai sal jou horison vir genade vra As jy terugkom swerwer As jy terugkom Tot jy terugkom swerwer Tot jy terugkom En bring vir my die see saam in ‘n Consol canned fruit vles En ‘n koffieblik woestyn sand van duin 7 in Suidwes Neem ‘n swart en wit kiekie as jy stop by Slagtersnek En skop ‘n slag jou stewels uit want dis heilig op hierdie plek As jy terugkom swerwer As jy terugkom Tot jy terugkom swerwer Tot jy terugkom En fluister die wind ‘n storie in wat hy jou moes vertel Oor die Swartberge se nek tot daar onder in die hel Laat eggo jou gebede teen die kranse van die Baviaans Waar die riewe rots wande terugpraat in die mooiste Afrikaans As jy terugkom swerwer As jy terugkom Tot jy terugkom swerwer Tot jy terugkom As jy terugkom swerwer Tot jy terugkom

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store