Reën

Adam Tas

Versteek die drome van jou hart in die skadus van 'n kremetart En ek hoop die soet sag wolke teen die blou Want ek stuur vir jou die donderweer op 'n visarend se rug meneer En ek bid dat hy sy pad huis toe onthou En ek leen vir jou 'n sondaar se gebede Bid soggens van hoop en saans vir vrede En ek worstel met die engel in die nag se swartste uur Vra Jesus vir genade En dat Hy vir jou die reën stuur Mag die saad wat jy met jou mond plant tot by God se ore raak En weergalm teen die hemel se plafon Dat die vonkel in jou oë jou lei na 'n karnaval waar liggies skyn En al die happiness jou daar verstom Laat jou dagbreek sonder kommer kom geel soos God se sonneblom En die sonlig sagkens op jou skouers rus Miskien is ek die laaste een wat God mag vra om jou te seën Maar die woorde is 'n bloeds belydenis En ek leen vir jou 'n sondaar se gebede Bid soggens vir hoop en saans vir vrede En ek worstel met die engel in die nag se swartste uur En vra Jesus vir genade En dat Hy vir jou die reën stuur En ek leen vir jou 'n sondaar se gebede (Sondaar gebede) Bid soggens vir hoop en saans vir vrede (Saans vir vrede) En ek worstel met die engel in die nag se swartste uur En vra Jesus vir genade En dat Hy vir jou die reën stuur

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store