Plaas genaamd Afrika

Adam Tas

Tussen hierdie baksteen mure Het ons woorde opgedroog En ons laaste beker moerkoffie Staan en koud word op die stoof En ek hoor die ou geluide As die sinkdak met die plankvloer praat En die huis wat ons hart se lêplek was Moet ons nou agterlaat En kom sit hier op my skoot my seun Daar’s winter in my baard Dan vertel ek jou ‘n storie Van ‘n plaas genaamd Afrika Daar’s juweel groen water gate En ‘n bosbok teen die hang En eendag as jy groot is Sal jy weet hoekom ek so verlang Hierdie land was gemaak Met blase bloed en sweet En ek was nie altyd daar nie Maar die tyd het my geleer Dat as jy ploeg sal jy oes My siel in hierdie grond vergeet En as die boorde in die wind buig Sal my hart my huis toe sleep En kom sit hier op my skoot my seun Daar’s winter in my baard Dan vertel ek jou ‘n storie Van ‘n plaas genaamd Afrika Daar’s juweel groen water gate En ‘n bosbok teen die hang En eendag as jy groot is Sal jy weet hoekom ek so verlang En as die donker wolke saampak Dan vra ek dat dit sag sal reën Oor die hange van die mooi vallei En dat God sy mense seën O kom sit hier op my skoot my seun Daar’s trane in my baard Dan vertel ek jou die waarheid Oor ons land Suid-Afrika

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store