Eerste Paaiement Van My Verdiende Loon

Adam Tas

Ek is leeg gepaard ek is leeg gebedel Kom bou jou bynes hier in my skedel Kom hardloop in my arms in meisiekind Soos lank lank gelede met jou vlegsels aan die wang Jy’s die eerste paaiement van my verdiende loon Vasgevang in ‘n verlore droom Jy't daai aand kom nes maak in die holtes van my lyf En soos rimpels op die water in my hart in gedryf Jy’s die eerste paaiement van my verdiende loon ‘n Tolk vir my as die skimme fluister jy’s my deur die donker rigting wyser Jy wat my net in drome lief het As ons spoke hulself teen die dagbreek verset Jy’s die eerste paaiement van my verdiende loon Vasgevang in ‘n verlore droom Jy't daai aand kom nes maak in die holtes van my lyf En soos rimpels op die water in my hart in gedryf Jy’s die eerste paaiement van my verdiende loon

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store