Kompleksdrama

Jak de Priester

In meenthuis nommer een woon Johnny Venter Hy pas ons almal op met sy geweer Hy sms gereeld vir my ‘n grappie Ek vra hom nie maar hy sê my wat’s die weer Hy steek ‘n bottle whisky in sy golfsak weg As sy vrou dit weet sal hy moet buite slaap Ou Johnny het ‘n Harley in sy motorhuis Hy droom hoe hy gaan aftree in die Kaap In nommer twee woon Marlien Van Der Merwe Die enigste een wat goed kan engels praat Haar man werk al vir jare in die buiteland Darm vra sy maar gereeld vir Johnny raad Ons wonder wat sy doen want sy’s die heeldag tuis Haar kinders is al groot en uit die skool Sy het geen kat of hond in haar kombuis nie Maar op haar skouer sit wel een massiewe voël Daar’s altyd drama in die kompleks Daar’s altyd meetings in die kompleks Daar’s altyd skinder in die kompleks Daar’s net nooit parking in ons kompleks In meenthuis nommer drie woon daar ‘n kla kous Alles is vir haar ‘n groot problem Sy’s lekke zef as sy soms in haar pajamas Soos ant Stienie oor haar muur of heining leun Sy spit al ewig in haar simpel tuintjie Die broeke wat sy dra is teen die wet As sy maar nog soos Roxy Louw gebou was Maar ongelukkig is sy lekke Daar’s altyd drama in die kompleks Daar’s altyd meetings in die kompleks Daar’s altyd skinder in die kompleks Daar’s net nooit parking in ons kompleks In meenthuis nommer vier woon tannie Helga Hel sy’s oud maar altyd iets te sê Moet tog net niks in haar asblik gooi nie Dis haar asblik en hare sal dit bly Ek hoor alweer haar asem by ons voordeur Knock knock knock knock knock knock knock who’s there? Sy sukkel om haar kar in die garage te kry Dis ons skuld oordat ons ‘n kombi ry Daar’s altyd drama in die kompleks Daar’s altyd meetings in die kompleks Daar’s altyd skinder in die kompleks Daar’s net nooit parking in ons kompleks In meenthuis nommer vyf woon die voorsitter Sy’t kinders maar al jare lank geskei Sy kan soms oor ‘n lang naweek ‘n vreugde wees Hang af in watter mood jy haar gaan kry Sy’s enkel ma en sukkel met haar ex man Die onderhoud betaal hy altyd laat Dis moeilik om met kinders so alleen te wees Daarom vra sy ma vir Johnny ook altyd raad Daar’s altyd drama in die kompleks Daar’s altyd meetings in die kompleks Daar’s altyd skinder in die kompleks Daar’s net nooit parking in ons kompleks Daar’s altyd levies in die kompleks Daar’s baie reëls in ons kompleks Daar blaf ook honde in ons kompleks Daar’s net nooit parking in ons kompleks

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store