As Jy Vir My Smile

Jak de Priester

Ek was eerstens verlief op jou skoonheid Jy was pragtig soos ‘n Hollywood vrou Almal wou jou gehad het almal wou met jou trou Die kompetiesie was strak soos die lewe is En ek was ‘n arm student Al wat ek gehad het ‘n papier en ‘n pen En toe skryf ek maar vir jou ‘n liedjie op die ritme van die ou kraal liedjie en sing dit Dat jy kan hoor hoe ek voel En ek sê Michelle kyk hier staan ek nou En as jy vir my smile kan ons ‘n huisie bou Ek was tweedens verlief op jou persoonlikheid Dit was warm soos ‘n vere duvet Almal wou onder jou gaan lê almal wou by jou bly Ek was derdens verlief op die kleur van jou oë Dis was groen soos my jaloerse hart Al waaraan ek heeltyd kon dink was om jou weg te vat En toe skryf ek maar vir jou ‘n liedjie op die ritme van die ou kraal liedjie en sing dit Dat jy kan hoor hoe ek voel En ek sê Michelle kyk hier staan ek nou En as jy vir my smile En verder was ek verlief op jou mond En jou stem was so mooi dit maak die wêreld gesond En verder was ek verlief op jou vel En jou vriendlike antwoord as iemand jou bel Maar bo alles my lief was jy ‘n Hollywood ster En toe skryf ek maar vir jou ‘n liedjie op die ritme van die ou kraal liedjie en sing dit Dat jy kan hoor hoe ek voel En ek sê Michelle kyk hier staan ek nou En as jy vir my smile kan ons ‘n huisie bou En as jy vir my smile kan ons ‘n huisie bou En as jy vir my smile kan ons ‘n huisie bou

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store