Padwoede

Jak de Priester

Padwoede Padwoede Padwoede Padwoede Die N1 staan stil voor my En 'n taxi ry aan die linkerkant verby Sy ja ja bussie is vol geprop En die drywer het 'n groot blink kop Die geel lyn links beteken nul Almal moet geduldig maar die taxi brul Hy jaag verby asof hy toestemming het Waar’s die spietkops as ons hul nodig het? Padwoede Padwoede Ek het alweer padwoede Haal maar diep asem en tel tot tien Want dis dae soos die wat ek oorlog sien Padwoede Padwoede Ek sukkel weer met padwoede Sit harder die radio en luister musiek Ek’s anyway laat vir die ses uur fliek Ek ry by my huis weg om jou te ontmoet Ek voel heel happy ek voel heel goed Voor my ry 'n lorrie hy besoedel die lug Skielik stop hy doodstil onder 'n brug Hy moet eers uitklim om 'n plasie te maak Hy maak sy broek los hy voel net 'n saak Hy het geen skaamte of iemand hom sien Wat het ek gedoen om dit te verdien? Ek ry na die mall toe om my hare te sny Op 'n vaste lyn gaan 'n BMW verby Van voor af kom daar karre ja die man vat 'n kaans Nou’s my lewe in gevaar maar hy's most blink stefaans Wie is die tannie wat hier voor my ry? Sy betaal belasting op elke kilo wat sy ry Sy cruise control op veertig met 'n stasie wa Al lê ek op my toeter sy is min gepla Padwoede Padwoede Ek het alweer padwoede Haal maar diep asem en tel tot tien Want dis dae soos die wat ek oorlog sien Padwoede Padwoede Ek sukkel weer met padwoede Sit harder die radio en luister musiek Ek’s anyway laat vir die ses uur fliek Daar’s 'n meisie wat haar make-up doen in die kar Daar’s 'n man wat SMS op pad na 'n bar Daar’s 'n bottel in die pad 'n taxi op my gat Daar’s 'n baie ou oom wat sy tyd will vat Daar’s 'n motorfiets wat vleg deur die verkeer Die polisie dink alles is onder beheer Daar’s 'n lorrie wat jaag daar’s 'n bus wat staan Daar’s 'n stukkende trok in die vinnige laan Padwoede Padwoede Ek het alweer padwoede Haal maar diep asem en tel tot tien Want dis dae soos die wat ek oorlog sien Padwoede Padwoede Ek sukkel weer met padwoede Sit harder die radio en luister musiek Ek is any way laat Vir vanaand se gig

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store