In Die Arms Van Die Klein Karoo

Jak de Priester

Daar is geen beter plek vir ‘n stukkende hart Soos in die arms van die Klein Karoo nie Daar is geen beter plek vir ‘n huilende hart Soos in die hande van die Klein Karoo nie Daar is geen beter plek vir ‘n liggaam wat moeg is Soos as die son sak in die Klein Karoo nie Daar is geen beter plek waar ‘n hart weer kan heelword As dit reën hier in die Klein Karoo nie Want as die son sak oor die Swartberge en die stofpaaie gaan lê As die kinders kaalvoet in die skemer dans dan het die sterre die laaste sê En as jou hart gebreek ry op ‘n donkie kar en jou voete is al moeg Is daar geen beter plek vir ‘n stukkende hart Soos in die arms van die Klein Karoo nie Daar is geen beter plek om met die sterre te dans Soos op 'n stil nag in die Klein Karoo nie Daar is geen beter plek om die oggend te soen Soos op die oop mond van die Klein Karoo nie Daar is geen beter plek om jou begasie te los Soos op ‘n stofpad van die Klein Karoo nie Daar is geen beter plek om weer vrede te vind Soos in die hart van die Klein Karoo nie Want as die son sak oor die Swartberge en die stofpaaie gaan lê As die kinders kaalvoet in die skemer dans dan het die sterre die laaste sê En as jou hart gebreek ry op 'n donkie kar en jou voete is al moeg Is daar geen beter plek vir 'n stukkende hart Soos in die arms van die Klein Karoo nie Is daar geen beter plek vir 'n stukkende hart Soos in die arms van die Klein Karoo nie

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store