My Suikerste Bossie

Jak de Priester

Ek weet ek is soms skaam Om te sê ek het jou lief Maar ek weet jy wil dit hoor Dat jy’s my engel my hart se dief Ek vleg my vingers soms deur joune Maak die deur oop as ons ry Maar niks kom by daai vier woorde Wat jou oortuig om hier te bly My Suiker bossie ek wil jou hê My Suikerbos wat sou jou mamma As sy nog hier was vir my sê My Suikerbos ek wil ietsie vir jou sê Dat ek elke aand Krispy Kreme saam met jou wil hê Dan loop ons deur die strate van Parys Al loop ons sonder rigting Deur Amsterdam en deur Argenys Al lê ons in die Karoo Onder die sterre en die maan Dan eet ek en jy Ons Krispy Kreme so saam Ek weet ek voel verlore Sonder jou hier aan my sy Maar ek weet ek voel gelukkig As ons daai Krispy Kreme gaan kry Maar ek sê niks nie oor my hart se goed My woorde is maar min Maar niks kom by daai vier woorde Dit gee die lewe net weer sin My Suiker bossie ek het jou lief My Suiker bossie ek het jou lief My Suiker bossie ek wil ietsie vir jou sê Dat ek jou sak en pak Toet-en-taal hier by my wil hê Al loop ons deur die strate van Parys Al loop ons sonder rigting Deur Amsterdam en deur Argenys Al lê ons in die Karoo Onder die sterre en die maan Ek en jy my Suikerste bossie saam

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store