My Ouma Is n Wonderlike Ding

Jak de Priester

O my ouma o my ouma Ja my ouma is ‘n wonderlike ding Sy staan in die gang en sy maak ons bang Ja my ouma is ‘n wonderlike ding My ouma se naam is Bettie En die ander een se naam is Louise ‘n Ouma se doel op hierdie aarde Is om haar klein kinders te please Want ons oumas se huis is anders Dit ruik na kookkos en haar tuis gebakte brood En dis hier waar ons kinders mag stout wees Ja hier word ons lekker groot O my ouma ja my ouma Ja my ouma is ‘n wonderlike ding Sy lê in die bed en sy is lekker vet Ja my ouma is ‘n wonderlike ding O my ouma ja my ouma Ja my ouma is ‘n wonderlike ding Sy sit op die stoep en ek hoor haar roep Ja my ouma is ‘n wonderlike ding Ouma Bettie is klaar in die Hemel Sy wag vir ons almal daar Ek onthou nog haar groot blou oë En haar stories was altyd waar Sy het gehou van ‘n liedjie met ‘n wysie Waarop sy lekker in die huis kon dans En die klank van ‘n ou konsertiena Begin sy skoffel gee haar net ‘n kans O my ouma ja my ouma Ja my ouma is ‘n wonderlike ding Sy werk graag in die tuin en sy drink ‘n glasie wyn O my ouma is ‘n wonderlike ding O my ouma ja my ouma Ja my ouma is ‘n wonderlike ding Haar skoot was lekker sag sy kry trane as sy lag O my ouma is ‘n wonderlike ding Gelukkig leef ouma Louise nog Sy het ‘n kas met baie lekkers in haar huis En wanneer ons by haar gaan kuier Sal sy boeke met prentjies wys My ouma lyk baie gelukkig Sy is die vriendelikste vrou in die kontrei Sy gesels oor die muur met haar buurvrou As sy in die middae haar blomme nat lei O my ouma ja my ouma Ja my ouma is ‘n wonderlike ding Sy plant ‘n nuwe boom sy stuur groete vir die oom Ja my ouma is ‘n wonderlike ding O my ouma ja my ouma Ja my ouma is ‘n wonderlike ding Sy het baie tyd vir my sy sê ek moet by haar gaan bly Ja my ouma is’n wonderlike ding Sy staan in die gang en sy maak ons bang Ja my ouma is ‘n wonderlike ding

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store