Emigreer

Jak de Priester

Tasse gepak vriende gegroet Vir die honde en katte nuwe huise gesoek Meubels verkoop of weggegee Splinter nuwe karre vir die bank terug gegee Jare se spore net toe gevee Alles gelos selfs die huis by die see Ouma ons groet net ons sien jou nie weer Want dis veiliger daar Maar ons harte is seer Want ons wil weg kom van die crime Weg kom van die angs Na ‘n beter plek toe trek Vir ons kinders nog ‘n kans Ons wil wegkom van die moord Weg vlug van die dood Êrens moet daar vrede wees Of ‘n plekkie waar ons behoort Ons wil weg kom van die angs om te slaap in die nag Weg kom van die kommer om te ry in die dag Ons wil in vrede kan leef en ‘n goeie lewe lei Ons wil nie meer langer In ‘n donker Suid Afrika bly Ons huisie is leeg die tuin lyk nog mooi Oor weke van nou af is alles gedooi Familie gegroet selfoon gestop Ons kinders se lewens is omgedop Maar die visims is reg na jare se wag Soveel geld is betaal en toe kom die dag Ons lewe is in ‘n tas ons harte is in glas Ons stemme raak stil Ons emigreer want ons wil Ons wil weg kom van die crime Weg kom van die angs Na ‘n beter plek toe trek Vir ons kinders nog ‘n kans Ons wil wegkom van die moord Weg vlug van die dood Êrens moet daar vrede wees Of ‘n plekkie waar ons behoort Ons wil weg kom van die angs om te slaap in die nag Weg kom van die kommer om te ry in die dag Ons wil in vrede kan leef en ‘n goeie lewe lei Ons wil nie meer langer In ‘n donker Suid Afrika bly So ons tas is gepak die visims is reg Môre as ons opstyg Dan is ons weg

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store