Drankensberge Liefde

Jak de Priester

Ek spoel gereeld my mond uit As ek te lelik praat Die stad maak my so anders Die traffic maak my klaar Die dokter sê my suiker Is hopeloos te veel En my vrou dink ook dis crazy Ons moet nader aan die see Dan klim ons in my motor En vat die pad alleen Deur ‘n honderd E-Toll torings Die laat nag se pers reën Deur Midrand en deur Jozi Die toll hekke is al duur Maar vanaand slaap ons net êrens Langs die berge en rivier Dan maak ons Drakensberge liefde Dan maak ons liefde in die Drakensberge Dan maak ons berge vol van liefde Drakensberge liefde Dan drink ons rooiwyn langs 'n vuurtjie Dan vlam ons liefde van die rooiwyn Dan maak ons berge vol van liefde Drakensberge liefde Ons ry verby Salsolburg Die Vrystaat ken ek goed Die velde is vol cosmos Die aarde in my bloed Ek pluk vir jou net blomme Vir ‘n oomblik staan ons daar En ek soen jou langs die oop pad Die blou lig en die kar Ons ry weer bietjie verder En stop in Heidelbron Ons maak die kar se tenk vol Eet Kentucky in die son Ek los ‘n boodskap op my voicemail Dat niemand ons kan vind Want vanaand slaap ons net êrens Langs die berge en rivier Dan maak ons Drakensberge liefde Dan maak ons liefde in die Drakensberge Dan maak ons berge vol van liefde Drakensberge liefde Dan drink ons rooiwyn langs ‘n vuurtjie Dan vlam ons liefde van die rooiwyn Dan maak ons berge vol van liefde Drakensberge liefde Ons draai toe in by Clarens Drink ‘n bier by ‘n bar En ek skryf vir jou ‘n lovesong Op ‘n akker boom se blaar Ons drentel deur die straatjies Loop deur ‘n gallery En ek fluister in jou oor om Jou te kan verly Maar skielik voel dit weer Soos toe ons nog jonk was Met sterre in ons oë En beloftes as ons dronk was Maar vanaand slaap ons hier In God’s se verblyf Met jou in my arms En my woorde oor jou lyf Dan maak ons Drakensberge liefde Dan maak ons liefde in die Drakensberge Dan maak ons berge vol van liefde Drakensberge liefde Dan drink ons rooiwyn langs ‘n vuurtjie Dan vlam ons liefde van die rooiwyn Dan maak ons berge vol van liefde Drakensberge liefde Dan maak ons Drakensberge liefde

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store