Kouevuur

D.Ozi

Die kole Gloei soos vroer aande Maar die vuur brand in my kop En 'n ysige wind skroei my hande Vas teen die beker met dop En die ryp is 'n vlam om my voete Maar die koue brand in my bors En ek drink en ek dink aan die soeter Wyn teen die groter dors Met 'n koue hart tot die môreuur, drink ek met 'n vuur in my kop En ek voel die koue, ja ek voel die vuur, dit vreet my stuk stuk op Ja, daar is teveel met die wêreld gefoeter Daar is teveel met die mense gemors En ek drink en ek dink aan die soeter Wyn teen die groter dors Met 'n koue hart tot die môreuur drink ek met 'n vuur in my kop En ek voel die koue, ja ek voel die vuur, dit vreet my stuk stuk op Al die helde na al die geploeter Lê diep in die aarde se kors En ek drink en ek dink aan die soeter Wyn teen die groter dors Met 'n koue hart tot die môreuur, drink ek met 'n vuur in my kop En ek voel die koue, ja ek voel die vuur, dit vreet my stuk stuk op Dit vreet my stuk stuk op

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store